
Feat A-Z Verkenners Suid-Afrikaanse Diere Alfabetkaarte
One only · this is the last one in the shop
Pak ’n avontuur deur Suid-Afrika aan met ons A-Z Verkenners: Suid-Afrikaanse Diere-Alfabetkaarte! Ontdek die fassinerende wêreld van die alfabet terwyl jy die uiteenlopende dierelewe van Suid-Afrika leer ken. Elke een van die 26 kaarte bevat ’n pragtige illustrasie van ’n Suid-Afrikaanse dier — van die majesteuse Eland tot die geliefde en kleurvolle Troupant. Hierdie kaarte, ontwerp vir kinders tussen 1 en 8 jaar oud, is ideaal vir alfabetleer, die ontdekking van nuwe diere, en die bevordering van kreatiwiteit en kognitiewe ontwikkeling. Elke kaart toon ’n trots Suid-Afrikaanse dier, saam met sy ooreenstemmende letter en naam aan die voorkant van die kaart. Op die agterkant is ‘n paar wonderlike weetgoed oor elke dier. Wanneer jy die boks oopmaak en die kaarte uithaal, sal jy binne-in instruksies en prettige wenke vind wat ouers, versorgers en onderwysers help om die kaarte op insiggewende en speel-speel maniere saam met kinders te gebruik.
SA & international delivery · Shipping at checkout

Made by
Feat




